Asem

Moeder Natuur het ‘n plantliggaam
met groen blaarvingertjies
‘n godin die ons suurstof verskaf

Die mensagtige wesens dink
moeder is sonder gees soos ‘n dooie ding
sonder belewingswêreld

Egter sy versprei soos ‘n genie
haar geheime sintuie
oor haar hele groei-liggaam

Met klein blaarhandjies gryp sy
die sonligstrale vas om die wortels te voed
wat die swart aardnag besoek

wortelshaartjies suig die nat sap
van minerale soos limonade
om die groen-liggaam voort te plant

Die diepe organiese wens is te sterf
en bederf tot kompos om al die groen
broers en susters van kos te voorsien

Blaargroenkorreltjies lewe langsaam
niemand sien die blaarbewegings nie
die godin-asem beweeg ons almal

One thought on “Asem

Laat een antwoord achter aan Han Reactie annuleren

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *