Die ek

Ek sal miskien sekerlik ‘n eienaardig eksemplaar wees in die oë van die rasionele mensagtige diere as ek sè dat hier in my kop soms
‘n vlug hommels woon
en salig in die bo kamertjie gons…

Die hommeltjies met hulle gestreepte bontjassies vlieg af en aan
deur my oop oë en ore met idees, gedagtes, dinkprentjies, taalpraatjies.

Ek skryf om my deeglik te vergeet.
Vergetelheid is die pragtig pleklose
vrystaat vir mens en hommelbees
waar jy geluksaam niks nie weet nie.
Hommelgons genees jou gees, ek noem hom my inspirasiebees.

Maar die mal psigiater het gesè:
Jou ek is geheel en al mal,
jy is ‘n baie gek geval… maar
jy moenie bekommerd wees nie,
om jou eerlijk te vertel:

Elke ek is ‘n gek.

Geef een reactie

Je e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *