Gewit

Wat is eigenlik die witruim

in die gedig?

die onskuldige leser

voel dikwels verneuk

betaal soveel duur geld

vir wit niks, so min ink

witruim gaap na jou oog

soos verse van sneeu

om mooi niks te sê nie?

ware inhoud van die gedig?

taal slegs klankverpakking

om weg gewitte mure te verhul

‘n skoon begin

leser lees hierdie verpakking oop

wat anders sou daarin wees

as oop gees

niks gedig

so is die mens

soos ‘n pop

van sneeu

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *