Hulself

Nuland, die vis van water slaap op die bodem van die Sondermeer en sien in sy helder droom Wiemand, die voël van lug wat hemels rus op ‘n wolk.
So vrygewig is die wese van leegte wat geleenthede skep vir oop oogdrome. Intussen skuil die nag agter die stille klip. Die nag van lig is skugter of onthul hulself openbaar, afhangende wat benodig is.
Indien nodig pluk die nag van lig roekeloos versigtig die blom van geur sodat dit ‘n sug van verligting gee…
Die vis van water gaap vloeiende ontspanne in die wolkdroom. Sy los spoorloos op in die nat meer. Wiemand word wakker daar hoog op die droomwolk en kyk verbaas
na die enorm visagtige Meer van Sonder. So ‘n grote vis van water is waarlik ongekend selfs vir die voël van lug wie ook nie klein is nie. Dit alles speel in die vry bewussyn van sonder meer.

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *