Wiemand, die voël van lug
praat graag met Nuland, de vis van water
aan die oewer van die Sondermeer
Hulle praat oor die blom van geur
en oor die klip van stilte wat so massief is
maar hulle verkies om saam te swyg
oor die nag van lig, sy het geen gesig nie
Nuland’s ronde vismond steek net bokant die watervlak uit.
altyd wanneer sy iets gesè het
sien Wiemand hoe die sirkels op die watervel uitbrei
Wiemand streel die rimpelings met sy lugvlerkies plat
as teken dat dit verstaan is…onbreekbaar so massief
Die geur van hul gesprek versprei oor die watervlak
toe Wiemand wegvlieg van die Sondermeer
Oral waar Nuland opgeduik het kon die vis van water
die blom van geur kristalhelder ruik
Wat oorgebly is die saamstilte oor die nag van lig
selfs sonder vis van water en sonder voël van lug
het dit permanent gebly om nooit nie te dwyn nie
Nag van lig het geen gesig nie
’n sagt glimlach blink binne