Tuis

Die digter het ‘n huis
van woorde gebou,
mure van skadutaal…
vensters van stil beskouglas…
met die nag as dak…
‘n maanlamp as skemerlig…

Die digter het eens gesê:
‘Slegs in my gedigte kan ek woon’

Egter hoe ‘n skoon gedig
die digter ook skryf
geen mens kan woon
in die woorde nie.

Die lewend gedig
is nie van woorde nie,
sy is doof en stom…

Tuisruim is oral
waar innerlyk lig skyn
waar nagstille leemte
door die plafon groei

Egte leefkuns is rym
sonder woorde te mors
op die bodemlose wese

Geef een reactie

Het e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *