So lank my lyf leef
Niks sal reg kom
al sal krom bly
Niks sal reg kom
al sal krom bly
dis glad nie sleg nie
het wese van die natuur
is om skeef te wees
soepel is die vleis
Loodreg is die dood
vir die speelse gees
wat buig breek nie
riviere kronkel
bome groei skeef
niks sal reg kom
al sal krom bly
so lank my lyf leef
Hierdie gedig is ’n waarlyk juweel!